Die wereld is stukkend. As jy my nie glo nie, gaan staan net na 5 uur in die middag in die ry by ‘n spar.

Die vrou voor ons staan by die teller en jy kan die kyk op haar gesig sien toe die kaart nie deur gaan nie. Sy Kyk toe in haar beursie of daar miskien erens met geluk genoeg geld in is. Op die counter lê ‘n brood. ‘N pak doeke. ‘N 1L melk. Niks anders. No name brand doeke.

Ek let dadelik op om ons, aan my regter kant staan ‘n vrou met ‘n brood en ‘n klein houertjie Colgate tandepaste. Aan die linker kant staan ‘n man diep in sy 60’s met ‘n houertjie 6 eiers, meel en ‘n klein chutney. Agter hom staan ‘n ou met een pakkie R30 mince, en ‘n klein sakkie no name rys. Die oom by die ander teller vra die dame “please can you give me change I need to put petrol” Sy gee vir hom 2 x R50 note. 2 x R50 note vir petrol.

Ek kon voel hoe my oë vol trane raak. My lyf raak yskoud en ek voel asof dit wat hulle ervaar oor my kom. Ek kan dit voel. Duidelik voel. Dit is die 8ste en niemand wat daar gestaan het, het meer as een aand se kos gehad nie ?

Ons wereld is besig om uit mekaar teval. Almal se salarisse bly dieselfde maar goed op die rakke raak onbekostigbaar. Vleis is ‘n luxury en tandepaste ook. Albany brood word nou spar brood en 2l melk word nou 1L melk. Borde kook kos vir aand ete word nou hotdogs en koue vleis brooidjies.

Ons het nie meer simpatie met mense se situasie nie. Mense deel Nie meer ‘n koppie suiker oor die muur of ‘n glasie melk by die agter deur nie. Dit wat ons het is so min dat dit temin is om tedeel. Dit wat ons het moet hou, want daar is genoeg op die rakke maar min in ons beursies.

My hart is vanaand stukkend want soveel van ons sloer in stilte. Swaarkry is ‘n sonde. As jy swaarkry gaan Mense lag, vinger wys, jou vriende gaan jou nie uitnooi na die braai toe nie. Van wanneer af is swaarkry ‘n sonde? En van wanneer af is deel teveel?


?